, Plaveiselpraatjies - April 2007: Gebruik van kant- en rantstene vir skeidings

PAVATILE Manufacturer of paving products, including cobble paving, block paving, flagging, kerbstones, edging and pool coping.
Reinventing stone

Home
Search
Contact us for paving

Pavingware: Cobble Paving
Pavingware: Block Paving
Pavingware: Kerbing & Edging
Pavingware: Pool & Step Edging
Gardenware: Flagstones
Wallware: Wall Capping

PERSONALISED DESIGN SERVICE
Homeowners, paving contractors, architects and engineers all make use of Pavatile's free CAD layout service.

PERSONALISED DELIVERY SERVICE
Our specialised delivery methods reduce breakages and speed up installations.

CUSTOM PRODUCT DEVELOPMENT
Where the size and nature of the project demands it, landscaping professionals and architects can depend on Pavatile to develop new products according to their requirements.

Advanced paving products for a new generation

Products (Catalogue of Pavatile's paving products)Project Bulletins (News about paving projects)In Conversation With... (Interviews with people in the paving industry)Keeping Up With the Joneses (Pictures of home and garden paving)The Learning Lapa (Articles about paving principles)

Plaveiselpraatjies - April 2007: Gebruik van kant- en rantstene vir skeidings


Hierdie artikel vorm deel van ons reeks wat maandeliks verskyn in Die Burger se bylaag In en Om die Huis.

Soos gereelde lesers van Plaveiselpraatjies seker al agtergekom het, volg plaveiseloplossings logies as die behoefte reg ontleed word. Kantstene en randstene is twee van diemaniere omoorgange tussen verskillende tipes oppervlaktes te hanteer.

Kantstene

Gebruik kantstene in vaste plaveisel liefs in gevalle waar die beddingarea, aanliggend aan die geplaveide gedeelte, nie voortdurende instandhouding verg nie enwaar daar nie graswortels is wat die plaveisel kan versteur nie.

Hierdie plaivei-uitleg langs ’n basbedekte bedding word gesoom deur kleiner kantstene wat mooi vertoon as randafwerking vir die groter plaveiblokke en ook ’n geskikte skeiding vorm op dieselfde vlak as die aangrensende bedding omdat die basstukkies nie oorspoel op die plaveisel nie.

Randstene

Randstene vergemaklik die knip van graskante omdat die snymasjienlint téén of óp die randsteen die grassoom afsny.

’n Pas-aangeplante kruietuinstrook word gevorm deur van 300 mm-hoë randstene gebruik te maak om, onder meer, die vlakverskille van die plaveistrook aan die een kant, en die grasperk aan die ander kant, te akkommodeer. Deur ’n behoorlike bedding deur middel van randstene te skep, kan die waterbehoeftes van die geskeide gedeeltes bestuur word. Die diep ingeplante randsteen sal ook verhoed dat die graswortels onder die randsteen die kruietuin binnedring.

Ongeveer 150 mm-hoë randstene, in verskillende radii gegiet, versper ’n pas-aangeplante tuinstrook van die aanliggende gras. In teenstelling met 75 mm-hoë stene wat soms aangewend word om as randstene te dien, verhoed hierdie tipe randstene dat graswortels tussen die steennate en onder die steenfondasie die aanliggende bedding binnedring.
Die skeiding tussen gras en klippies word effektief bewerkstellig deur 100mm-hoë afgeskuinste randsteenmodules. Let op hoe die grasrante horisontaal téén die randsteenmodules deur die kantsnyer geknip kan word.
Dié klippietuin word effektief in stand gehou deurdat die hoër randstene die klippies behoorlik saamvang.


Home | Search | Contact | Products | Projects | Interviews | Gallery | Learning