 Reinventing stone
VAKATURE
Logistieke Fasiliteerder: Vervoer en Produksie
WerksbeskrywingJou werk omvat die volgende kerntake:
- Kommunikeer met die Fabrieksbestuurder, Besendingsbestuurder en Vervoerkontrakteurs t.o.v. bestellings
- Reël aflewering van produkte en kommunikeer per telefoon met die vragmotorbestuurders wanneer daar probleme opduik
- Rapporteer insigte en probleme
Soms sal jy ook basiese verkoopsnavrae beantwoord en kwotasies uitwerk. Hierdie take behels die volgende:
- Bepaal kliënte se behoeftes
- Beveel produkte aan
- Neem bestellings
- Genereer kwotasies vanuit die rekenaar
Daar word verwag dat jy jou kennis en aarvaring so sal verbreed dat jy die tegniese aspekte van Pavatile se produkte met kliënte en vervoerkontrakteurs kan bespreek.
Wat Pavatile biedBesoldigingJou aanvangsalaris is onderhandelbaar na aanleiding van jou toepaslike kennis en ondervinding.
Werksure
- Jy werk weeksdae van 08:00 tot 17:00.
- Daar sal van jou verwag word om sommige Saterdae in te kom vir opleiding.
- Daar sal soms van jou verwag word om na-ure te werk.
Omgewing
As Logistieke Fasiliteerder: Vervoer en Produksie werk jy hoofsaaklik saam met
- die Verkoopspersoneel
- die Fabrieksbestuurder
- die Besendingbestuurder
- die eienaar van die onderneming
Die werk by Pavatile is taakgedrewe eerder as hierargies gedrewe, en word gestruktureer om effektiwiteit te bevorder. Jy word gestruktureerd opgelei terwyl jy werk. As jy graag wil groei, hoef jy net die geleenthede te gebruik wat aan jou gebied word.
 | Jy werk in 'n oopplankantoor. (Die kantoor is in Stikland-nywerheidsgebied, kan maklik per motor vanaf die N1 of die N2 bereik word, en is 15 minute se stap van die naaste stasie af). Jou rekenaar is toegerus met effektiewe sagteware, waardeur jou ook met die fabriek (17km van die kantoor af) kommunikeer. |
Die mense by Pavatile is altyd besig. Wanneer dinge té besig raak, word gekyk na maniere om die werk sinvol uit te rig. Die plek verander nie in 'n malhuis nie.
OpleidingOpleiding gebeur nie "toevallig" nie. Jou opleiding word gedoen aan die hand van 'n gestruktureerde werksgerigte program wat jy met bestuur onderhandel en waarmee jy verantwoordelik inskakel. Daar sal van jou verwag word om deurlopend eie inisiatief te neem om jou kennis te verbreed.
Jy word deurlopend opgelei in produktekennis sowel as die gebruik van die verskillende rekenaarpakkette.
Opleiding word ook verskaf in professionele verkoopsmetodes en tegniese aspekte van die bedryf.
Die ideale kandidaat...Jy is nuuskierig, leergierig, en beskik reeds oor 'n verskeidenheid selfaangeleerde vaardighede, en het ook 'n naskoolse kwalifikasie. Jy werk akkuraat en tot voltooiing. Jy beskik oor goeie rekenaarvaardigheid en geniet rekenaarwerk, en weet hoe om 'n sigblad op te stel en hoe om 'n sakebrief in 'n woordverwerker te skryf. Jy raak maklik vies vir spelfoute en swak gebruik van leestekens. Jy praat lekker Afrikaans en vlot Engels, en voel gemaklik met mense. Jy kan 'n basiese besigheidsbrief skryf.
Klik hier vir die aansoekvorm.
|